#Culture
Target:
Prasa en die Departement van Openbare Werke.
Region:
South Africa

Die Stasiegebou op Touwsrivier was voorheen die Frere Hotel en is later omskep in kantore wat gebruik is deur die Suid Afrikaanse Spoorweë. Met die onttrekking en toemaak van die Loko op Touwsrivier, het die gebou in onbruik geraak.

Vandale het ingebreek en die gebou is vermoedelik aan die brand gesteek. Die kultuurhistoriese gebou is al ver oor die honderd jaar oud en is nou aan die wind en die weer oorgelaat. Die Hoërskool is ook gevandaliseer nadat dit toegemaak is met die onttrekking van die Suid Afrikaanse Spoorweë. Groot gedeeltes van die dakteëls is weg en die gebou is vir 'n tyd net so oorgelaat aan vandale en aan die wind en die weer.

In 'n gesprek met Juffrou Mostert, senior staatsaanklaer op Worcester, oor die brand en vandalisering van die stasiegebou en die vandalisering en verwaarlosing van die Hoërskool wat die verlies van miljoene rande veroorsaak het en ook 'n groot verlies op kulture gebied ingehou het vir Touwsrivier en 'n wesenlike impak op die dorp se ekonomiese welvaart meegebring het asook 'n verlies aan toeriste en besoekers, deel sy my mee dat die betrokke departemente nie vervolg kan word nie. Dit beteken die geboue waarvan een 'n kultuurhistoriese gebou is kan maar ten gronde gaan. Niemand kan iets daaraan doen nie. Ons mense wat Touwsrivier lief het kan wel iets daaraan doen. Ons begin vandag 'n petisie vir die totale herstel van hierdie twee geboue en betrek die media tot almal dit gesien en gehoor het. Toeriste sien die eens pragtige Karoo dorp nou as 'n agtergeblewe dorp wat eerder vermy moet word. Dit het ons te dank aan Prasa en die Departement van Openbare Werke. 'n Register van alle geboue ouer as sestig jaar gaan geopen word en die Breedevallei Munisipaliteit gaan gevra word om ons van hulp te wees. Historiese geboue op die dorp wat ouer as sestig jaar is moet herstel word sodat dit 'n aanwins vir die dorp kan wees. Die prgtige ou winkels in die middedorp is omtrent almal verniel en opgemors. Die senior staatsaanklaer deel my mee dat Prasa en die Departement van Openbare Werke en hulle amptenare nie vervolg kan word nie maar al hierdie wette is onderhewig aan groepsdruk. Ek verskil van opinie en vra elke lid van Touwsrivier van Toeka tot Nou om die petisie te teken vir voorlegging aan die Senior Staats Aanklaer om Prasa en die Departement van Openbare Werke te vervolg totdat hulle elke historiese gebou op die dorp hertel het en oorhandig het aan 'n NGO of die Touwsrivier Sakekamer want hulle is nie te vertrou met ons kultuur erfenis nie.

The Restourasie : Touwsrivier Stasiegebou en die Hoërskool petition to Prasa en die Departement van Openbare Werke. was written by Touwsrivier Sakekamer and is in the category Culture at GoPetition.